Dis so mooi vir my hoe sy haar familie in die deal ingesluit het, ek wonder hoeveel mense daar was? Ons leef in 'n tyd waar elkeen net vir homself uitkyk, en hier kom verbaas 'n prostituut ons met groot liefde vir haar familie.
Dis ook baie cool dat sy oortuig was sy kan deel word van God se volk omdat sy in Hom glo, en dit in die ou testament ☺. Ongeag die feit dat sy 'n prostituut was (ek ken nie so iemand nie, maar sou ek geglo het sy kan gered word?). Sy het net gehoor van al die wonderwerke en geweet daar is nie 'n ander God nie.
Amazing hoe baie wonderwerke ons van weet, en nogsteeds sukkel om in God se krag te glo. Ek dink al die special effects in flieks maak ons bietjie blind vir die bybel se wonderwerke...?
Amazing hoe baie wonderwerke ons van weet, en nogsteeds sukkel om in God se krag te glo. Ek dink al die special effects in flieks maak ons bietjie blind vir die bybel se wonderwerke...?

No comments:
Post a Comment