Friday, November 12, 2010

Bathsheba: 2 Sam 11-12

Ons almal ken die storie van David wat vir hom (skelm-skelm) 'n getroude vrou gewen het, nadat hy haar eers swanger gekry het (oh my word!!!). Hy't gesorg dat haar man nie 'n kans staan in die oorlog nie (hmmm... moord!?), en ten spyte van dit ALLES lees ons weer later dat die Here vir David LOVE!! Al gaan hul kind dood bly sy verhouding met die Here sterk en hulle huwelik ook.

Ek probeer bietjie dink watse emotional rollercoaster dit vir haar moes wees. Weereens 'n moeilike prentjie vir my van godly mense wat SERIOUSLY aanjaag, en hoe die Here hulle weer seën daarna. Daar is tog 'n consequence prys wat hulle betaal, soos ons seker almal weet uit ons eie ondervinding ook. Die Here kan jou kom vrymaak van iets en jou vergewe vir enige iets, maar ons vergeet maklik dat ons nogsteeds met die gevolge moet deal.

Ek voel bietjie jammer vir haar oor al die hartseer wat saam met die storie gaan, maar ek sukkel bietjie om genade te hê met mense wat sulke foute maak. Grace is obviously nie een van my sterkpunte nie, simpatie ook nie ☺ So raai-raai waaraan werk die Here maar altyd in my lewe...

Weer 'n onkonvensionele prentjie vandag (haha). Ek probeer dinge interessant hou ☺

2 Samuel 11:2-3 One evening David got up from his bed and walked around on the roof of the palace. From the roof he saw a woman bathing. The woman was very beautiful, and David sent someone to find out about her. The man said, “She is Bathsheba, the daughter of Eliam and the wife of Uriah the Hittite.”
Sien julle maandag met Anna se storie!

No comments:

Post a Comment