Wednesday, November 3, 2010

Eunice: 2 Tim 1

2 Tim 1:5 "I am reminded of your sincere faith, which first lived in your grandmother Lois and in your mother Eunice and, I am persuaded, now lives in you also."

Dit lyk vir my of hier 'n bietjie powerful homeschooling gebeur het. Ek wil graag so baie van die Here vir my kinders leer. Baie van ons het in huise groot geword waar ons gereeld sondag kerk toe gegaan het, maar nooit 'n woord oor die Here gepraat het by die huis nie. Ek is seker mens sal nooit ALLES regkry met jou kinders nie, maar dis een verskil wat ek graag vir die volgende geslag sal wil maak.

Acts 16:1 "Paul came to Derbe and then to Lystra, where a disciple named Timothy lived, whose mother was Jewish and a believer but whose father was a Greek."

Ek sien ook in Handelinge dat daar gepraat word oor haar man, en dit lyk of net sy gelowig was. Amazing hoe die Here vrouens gebruik, veral seker omdat ons so 'n groot teaching rol speel in die huis. Ek raak sommer opgewonde as ek net daaraan dink! Selfs al het haar man haar waarskynlik nie ondersteun in dit nie, het haar seun 'n dissipel geword. Ek kan net dink hoe trots sy moes wees!


PS - The Biblical name Eunice is Greek in origin and it's meaning is good victory.

No comments:

Post a Comment