Ek lees altyd so 'n storie, en die idee dat mans meer as een vrou kon hê bly maar vir my 'n bietjie weird. Ek dink aan die Here wat sê "ek is 'n jaloerse God", en kan nogal daarmee relate. Sjoe, hoe deel jy jou man met iemand anders? Dis seker maar net vreemd vir ons, terwyl dit by hulle kultuur baie algemeen was. Dalk soos ons generasie waar vrouens voltyds werk en net soveel geld huistoe bring, dit sou vir hulle dalk net nie reg geklink het nie...?
Hoe ookal, ek kry haar so jammer waar sy by die Here pleit vir 'n kind. Hoeveel vrouens pleit nie nogsteeds so voor die Here nie. Dit voel maklik soos een van daai "unfair" dinge van die lewe..
Dis so great om te sien dat die Woord sê: "and the Lord remembered her". Dit laat my onthou dat ek regtig my saak vir die Here kan stel en my begeertes vir Hom neerlê. Al weet Hy reeds wat in my hart is, daar gebeur iets wanneer jy dit vir Hom vra. En hoe mooi is haar hart, om haar seun terug te gee al het sy so lank vir hom gewag...
Haar gebed is lekker lank (1 Sam 2) maar die moeite werd om te lees! Dit psych my sommer op, haha!!


No comments:
Post a Comment