Hoe interessant is die getroude lewe nie? Nes jy dink jy het die resep, kry jy weer 'n curve-ball. Elke dag, elke week 'n nuwe challenge vir jou hart.
Maar daar is geen resep - net liefde.
Ek love dit. Ek is mal oor die onvoorspelbaarheid daarvan. Ek het onlangs gehoor van 'n nuwe deodorant vir mans, waarvan die fragrance kort-kort verander deur die dag. Ek weet nie hoe hulle dit regkry nie, maar hulle baseer dit op navorsing wat glo bewys dat vrouens gou verveeld raak, en dat dit 'n manier is om hulle op hul geinteresserd te hou. Weird konsep, maar dit gee die manne glo 'n bietjie meer appeal ☺.
Ek weet nie lekker of ek my wil steur aan sulke statestiek nie. My eerste reaksie natuurlik "ag nee, dis so wêrelds, waar is die Here in dit!?" Maar dan ken ek ook myself goed genoeg om te weet ek raak regtig gou verveeld, met die lewe, met roetiene. Dis seker normaal? Ek het nog nooit gevoel ek raak verveeld met my man of om getroud te wees nie, maar ek dink almal van ons het daardie begeerte vir avontuur en nuwe dinge. Ek dink 'n groot deel van die opwinding wanneer mens nog gekys is, is juis die nuutheid van alles.
So ek challenge myself bietjie op die oomblik om my eie lewe, en dan natuurlik ons verhouding, spicy te hou ☺ Spicy soos in RYK en vol FLAVOUR. Ek sien hoe maklik dit vaal en vervelig kan raak as ons nie albei kies om gereëld nuwe ingredients by te gooi nie.
Ek is 'n groot fan van improviseer. Jy weet- werk met wat jy kan, vetrou jou gut feeling, moenie te veel stress oor die resep nie. My kos proe nooit twee keer dieselfde nie, en dis hoe ek daarvan hou. Maar ek sien tog hoe maklik ek met my en manlief 'n resep wil probeer volg. Snaaks hoe ek nou eers die konneksie maak. Ek dink aan die fliek No Reservations, waar die sielkundige vir die perfeksionis-chef sê "It is the recepies we create ourselves that are the best". Ek glo dit.
Ek is amazed oor die Here se kreatiwiteit, en dat Hy soveel clues los en waarhede gee, maar die uitfigure-deel is joune. As jy dit nie self deurtrap nie gaan jy nie veel verstaan of groei nie. Dis so lekker. Ek wil dit regtig sien as iets positief, want ek weet die wêreld plak 'n ander label daarop, asof dit 'n onmoontlike taak is om die ander geslag te verstaan. Maar dan mis ons die avontuur daarin, en behoort ons nie sommer die reward te sien nie.
Twee jaar is nog nie baie om getroud te wees nie, maar ek kan nie eers tel hoeveel draaie ons al saam moes loop nie. Ons is klaar EEN, maar ek kan nie wag om te sien hoe EEN-WEES gaan lyk as ons 20 jaar en 40 jaar getroud is nie. Dis te groot vir my klein brein om te begryp...
Die Here was 'n genius om verhouding uit te dink. Ek bly amazed oor hoe ek twee jaar terug gedink het ek weet wat liefde is. Nou weet ek soveel meer, en oor nog twee jaar sal ek weer terugkyk en lag vir my klein prentjie daarvan.
God is liefde - ek gee oor! Te veel waarheid in daai drie woorde. So leer ek bietjie-bietjie, en hopelik kan ek eendag sê ek WEET dat ek WEET wat dit regtig beteken... God is liefde.

Ek hou van hierdie hunny :-) Ek like jou baie en geniet dit om saam jou te leer. Ek dink dis 'n challenge om dinge vars te hou, veral as daar nuwe verantwoordelikhede en druk oor ons paadjie kom. Ons hou van ons werk en dit occupy ons gedagtes selfs by die huis, en dan is daar nog kerk meetings en kleingroepe om by te woon. Ons oop tydjies word spandeer aan recovery van al hierdie dinge, maar ek dink ons kan dit begin gebruik om dingetjies saam te doen.
ReplyDeleteOns social het ook baie gegroei die afgelope 2 jaar (waaroor ek BAIE trots op myself is!) en ek dink ons moet weer date aande begin hou waar ons kans kry om bietjie alleen te kuier :-)
Dankie vir jou blog hunny, jy is amazing.