Ek weet net daar was 'n stadium waar Jacques Amerika toe moes gaan vir 'n jaar, en hy so oulik was om vir my 'n gmail account te skep. Om 'n hele jaar weg van mekaar te wees sou jou meer senior tipe inbox vereis. Sy baie oorspronklike idee vir my email adres was feetjieprinses@gmail.com, maar ek sou twee keer moes dink voor ek so 'n mail adres vir ander mense gee om te gebruik. Daarom het ek besluit op iets minder romanties, maar nogsteeds ontspanne. Iets wat darem nogsteeds my persoonlikheid verteenwordig. kobie123@gmail.com of kreynecke@gmail.com sê nie veel van my persoonlikheid nie.
Daar was ook 'n redelike hype in daardie tyd in ons kerk, 'n instelling dat ons mekaar heeltyd sou encourage en positiewe dinge oor mekaar spreek, waar ons mekaar ookal raakloop. Name soos HERO, SUPERFAITH, YSTER, SUPERMAN, SUPER GIRL lui 'n klokkie. Dit was great, alhoewel ons dit miskien bietjie oordoen het ☺. Mense wat nie in ons kerk was nie, het seker gedink ons is mal, maar hulle het nie omgegee as ons hulle so begin noem het nie. Dit doen nogal iets aan jou selfvertroue as iemand vir jou so 'n naam gee.
Met dié is ek toe so SUPER excited oor die lewe en SUPER seker van myself, dat SUPERKOOBS die eerste naam is wat by my opkom. Ek smile altyd as ek na my email adres kyk, en dit encourage my nogsteeds om in myself te glo. Dit herinner my ook dat die Here in my glo.
Ek love dit. Vandat ek die email adres het noem almal ook sommer so, en ek glo elke keer van voor af in myself!
No comments:
Post a Comment