Ai! Ek het my enkel vanoggend geswik - not cool!
Ek was weer my verstrooide self, en terwyl ek by die voordeur se trappies afloop het ek in my handsak gegrou, en BAM! daar trap ek die laaste een mis.
Plat. Ek het selfs iets hoor klap/knak, dink dis wat my die grootste laat skrik het!
So seer gewees ek kon nie opstaan nie, en moes maar skree soos dit 'n properse damsel in distress betaam. Gelukkig vat Jacques vandag af en was hy nie te ver nie, kon my mooi ophelp en 'n sak gevriesde ertjies inspan om te keer dat dit te veel swel.
Gelukkig is my werk van so 'n aard dat ek heeldag kan stil sit as ek wou, so vandag vat ek dinge rustig.
Nie die beste manier om 'n maandag te begin nie, maar hey... ek kon darem by die werk kom sonder enige hulp van Spiertier Snyman ☺

No comments:
Post a Comment