Sjoe, die nuwe werk challenge my hoor! What a great step in the right direction! Ek love hoe dit my uitdaag en hoe baie nuwe goed ek leer - in geen HR Honneurs klas kry jy met die goed te doen nie!
Ek begin nou bietjie meer my voete vind, maar die eerste paar dae het my hart gereëld in my keel geklop. As ek 'n opdrag in 'n email kry vat dit my naby aan 5 minute voor ek kan agterkom wat ek behoort te doen - EEK!
Ek lees dit die eerste keer - daar is twee woorde wat vir my sin maak: "Please Assist". Lees dit nog 'n keer - nog twee woorde. Nou begin ek highlite, juffrou Potgieter het in standerd 9 gesê dit help. Dit werk, phew! So gaan dit elke halfuur, en ek sê gewoonlik eers 'n gebedjie voor ek save of send druk.
Suspense-
Maar elke eerste keer was dit die laaste keer dat ek dit leer, en ek maak notas dat die rook trek. Ek wens ek kon al Athraah se kennis nou al hê. Sy het my met soveel grasie en vrede opgelei voor sy hier weg is. Dit het gelyk soos kinderspeletjies wanneer sy dit doen. Nou hoop ek ek kan in die kortste moontlike tyd hierdie fyn kuns bemeester.
Ek sal nog terugkyk en lag oor hoe dinge my stilletjies uitgefreak het, terwyl ek in my kantoor sit en niemand kon sien hoe wit ek in die gesig geraak het nie.
Hopelik gouer as later ☺...

No comments:
Post a Comment