ek wil nie groot word nie.
ek weet ek moet en dis goed vir my
maar ek sou eerder altyd 'n dromer-reënboogkind bly
die lewe voel vir my te hard
as als so vaal lyk - grys en swart
vir ure kan ek my vergaap
die grootmens dinge wil my laat slaap
want daar is te veel donker wolke in die lug
en jongmense wat soos oues sug
hoekom sal ek my ophou
met dinge wat my lewe flou
en langdradig sal maak?
- ek staak!
'n kleur vir elke nuwe dag
is al wat ek nodig het om te lag
vir die wêreld se frons wat my frustreer,
'n kleur om my te inspireer
wat gaan ek doen om te ontsnap
van die grootmensdinge wat my dag omkrap?
dalk sal iemand dink dis mooi
as ek my debietorders met kryte voltooi...

No comments:
Post a Comment