Friday, January 22, 2010

GOOD INTENTIONS

Terwyl ek waarskynlik soos elke ander girl gaan klink, is daar tog 'n lysie van nuwejaarsvoornemens wat ek vir myself wil maak. Nie omdat ek dit enigsins geniet om te doen wat almal doen nie, maar omdat ek dit gaan VERGEET as ek nie neerskryf nie ☺


• Sluit aan by die gym (moenie lag nie, ek is actually ernstig daaroor)
• Hang 'n klomp fotos van ons vriende teen die muur (veral die wat ver is)
• Doen dinge bietjie staaaaadiger
• Lees meer oor dinge waarvan ek niks weet nie (ander kulture ens)
• Koop my super amazing smart kamera & doen fotografie kursus in Stellenbosch
• Maak vir myself klere!!! (rokkies, maklikes om mee te begin ☺)
• Ek wil minder hard wees op myself (is dit nogsteeds op my lys!!?)
• Probeer nuwe dinge, sien nuwe plekke in die Kaap!
• Wees 'n blessing by my werk, nie 'n burden nie


So ja, nie te intens nie - a work in progress - net om my solank aan die gang te kry.


1 comment:

  1. Goeie werk hunny!! Ek sal 'n uitstappie of twee vir ons reel....

    ReplyDelete