Dis donker grys (nie wit soos die een in die foto nie), en dit pas perfek in ons kleine sitkamertjie!! Baie lekker dat die covers kan afhaal en was, en as ons moeg raak vir die grys koop ons net nuwe kleur covers YEAH!!
Ons is nou al meer as twee jaar getroud, en sien al SO LANK daarna uit om ons eie bankies te hê. Die wat ons gebruik het tot nou is piepklein en baie generasies oud. Ek dink Hennie Botha het dit vir ons gegee, en Jacques sê hy het nog sel gehad op daardie bankies (ek dink die kans is goed dat helfte van HP Potch se manne al daarop gesit het tydens een of ander sel). So ja, hulle het nie meer great gelyk nie, en was verseker nie groot, lank of gemaklik genoeg om op te lê nie. Ons wou SO GRAAG kan lê en 'n fliek kyk. Ons het nou vir twee jaar kierts-regop gesit en movie, so daai dae is nou in die verlede!! Nou kort ons nog net 'n groter TV om ons mikrogolf-size een op te volg, maar dit sal bietjie moet wag.
Wie wil by my kom tee drink??? Ek het nou actually genoeg sitplek vir gaste, YEAH!!!

No comments:
Post a Comment