Wat wil jy wees as jy eendag groot is?
So 'n moeilike vraag vir my nog altyd. Ek het te veel belangstellings! Ek hou van spoeg en plak, fotografie, kitaar speel, klere maak, skryf, enige iets kreatief! Maar een ding is seker, ek moes iets op 'n verhoog gekies het. En nou sit ek elke dag agter die rekenaar en droom daarvan... om 'n backup singer te wees!
IMAGINE hoe lekker moet dit wees om elke nou en dan 'n ander kunstenaar te help met sy/haar konserte of opnames. Ontmoet allerande extravagant mense met vreemde persoonlikhede en lang stories. Musiek Musiek en NOG Musiek! Hard oefen en baie herhaal, dan kom die groot aand - adrenalien en die groot ligte wat in jou oë skyn. Jy kan net die eerste ry se gesigte uitken, en almal op die verhoog maak oogkontak sodat ons presies op die regte tyd begin met dit waaraan ons so hard geoefen het! Almal is gelyk, die musiek is groot, die mense klap hande, die rookmasjien - aaaaaaaaah!!! Dis te cool, ek is klaar daar in my gedagtes, hoekom kan dit nie real wees nie?
Die beste deel, jy is nie die famous artist wat met kameras gevolg word en die druk van uber-famousness moet hanteer nie. Geen stories van jou in die huisgenoot nie, en elke maand of twee weer 'n nuwe genre, nuwe mense, nuwe venue, nuwe show!
As ek kon sou ek dit vir 'n lewe doen!

No comments:
Post a Comment