Wat 'n lekker tyd. Sjoe ek het nie geweet of ek kom of gaan nie, so onvoorspelbaar en opwindend was elke dag. Die snaakste vir my is hoe ek myself net heeltyd koel en kalm probeer hou het. Shame hy't eers later moes hoor dat ek lankal vlinders in my maag voel as ek hom sien, of sommer net aan hom dink.
Hoe lekker is dit nie om die ding anders te kon benader nie. Sjoe ek het darem groot bloukies met die liefde geloop. Alles agterstevoor gedoen en die belangrikste bestandele uitgelos. Na soveel mislukte pogings was dit hemel op aarde om die stuurwiel van hierdie poging weg te gee, en verras te wees met elke nuwe hoofstuk wat die Here kom skryf. 'n Droom.
Ek dink aan hoe ek dit 'n kans gegee het al was ek vrek bang. Ek dink aan hoe Jacques my net spasie gegee het, soos ek gevra het. Ek dink aan sy oë wat in my hart in kon sien al sê ek nie als wat ek voel nie. Ek dink aan sy glimlag, die ding waarna ek elke dag die meeste uitgesien het! Ek dink sommer aan hoe ons lank gevat het voor ons eerste soen. So lekker gewees dat iemand in my ander sterkpunte ook belang gestel het ☺. Ek dink aan die lekker kuiertjies en dubbeldik-jogurt-skommels by Fiori's. Klink so soetsappig, maar dis wat dit was, en ek was mal daaroor.
Ek dink aan hoe ons nog net 3 maande saam was, en hy vertrek het Amerika toe vir 'n hele lange jaar. Eish. Maar ek kan ook onthou dat ek nog nooit so vreesloos seker van enige iets was nie. Gevolglik het ons verhouding vir 'n jaar bestaan uit miljuisende emails en skype gesprekke wat gesinkroniseer moes word oor 'n 7-uur tydsverskil. Lang gesprekke en groot besluite. Nog baie baie butterflies. Die beste deel was die laat aande wat ek tot 11 uur moes wag vir hom om te bel nadat hy van die werk af gekom het. Soms was ek moeg, dan het ek in die bed geklim met my oorfone dat hy vir my kan lees tot ek aan die slaap raak. Hoe het dit nie my hart gesteel nie!?
Ek dink aan die baie baie geld wat ek moes spaar om 'n vliegkaartjie te koop, al my beurs geld waarvoor ek so vreeslik geswot het. Ek dink aan die warmste warm somer in Florida en die baie Coldstone roomys wat ons geëet het. Ek dink aan sy cool oranje scooter waamee ons Tallahassee plat gery het, hy het die goofy helmet vir my gegee om te dra. Ek dink aan die trane, en die soen wat hy my op die lughawe gegee het toe ons moes groet.
Ek dink ek is 'n romantic al het ek nooit so gedink nie.
Ek dink aan die journal wat hy vir ons gemaak het, en vir my gepos het toe ons een hele jaar gekys was (ek dink NIE hy het geweet waarvoor hy omself inlaat deur te belowe om saam te skryf nie). Ek dink aan hoe baie ek sommer net aan hom gedink het.
Ek dink aan hoe hy gelyk het die eerste keer toe ek hom weer op die lughawe sien. Ek dink aan hoe baie ons hande vasgehou het en net stil gekyk het vir mekaar. Ek dink aan hoe lekker dit was toe hy my vra om te trou by Noetzie, alleen op die strand, sonder rooi rose en sjampanje. Hy ken my so goed. Ek dink aan die feetjie-ring wat hy vir my uitgesoek het. En ek dink aan die trou admin wat ons dates oorgeneem het ☺
Maar noudat ons getroud is voel ek nog dieselfde. Hy bly my kêrel en ek is mal daaroor om met hom gekys te wees. Die gesprekke se onderwerpe verander, ons omgewing ook. Ons raak slimmer en meer gewoond aan mekaar, maar die opgewondenheid om naby hom te wees, en die dagdrome oor als wat ek nog saam hom wil doen hou nie op nie.
Ek dink ek wil vir altyd gekys wees.

dit was nou enjoyable reading!! what a beautiful storie! ek sit en dink nou aan hoe jy dit vir my vertel het die eerste keer. ek dink jy moet my weer 'n slaggie vertel. lekker superkoobs. ek het nou nie ingelog nie so of hier nou gaan staan hanellie het hier gecomment weet ek nie. ek vang nog nie lekker die blogging ding nie, he he.
ReplyDeletetoemaar jou naam staan mooi duidelik hier, dis 'n gmail/google ding, so als link met mekaar. thanks for the comment!!
ReplyDelete