Friday, January 22, 2010

om jou mond verby te praat

Hmmm... hiermee is ek baie goed. Ek dink ek het 'n bonatuurlike gawe daarvoor gekry ☺


Ek dink nou sommer aan die baie interressante (dog intense) Diversity Workshop wat ons die week by die werk gedoen het. Almal moes baie praat en deel van hulle self, opinies ens ens. Ek dink sommer nou terug aan al die goed wat ek met pragtige intensies gesê het, wat dalk meer skade as goed gedoen het. En dis nou iets waaraan ek oor en oor moet werk - om eers REGTIG te dink voor ek praat. Al bedoel ek goed, kom dit op my weird Kobie-manier nie altyd so great uit nie...


Partykeer is dit net so moeilik om 'n ding deur te dink, as jy nie eers daaroor kon praat nie! Ek sien dit is seker maar 'n vrou-ding dié, soos wat ons praat kry ons meer duidelikheid, en eers daarna kan ons dit sê op die manier wat ons eintlik oorspronklik bedoel het.


Daar is nou soveel goed wat ek wens ek het NIE gesê nie. Ek wil leer om minder te praat, is dit moontlik?




No comments:

Post a Comment