Dis tyd om te tik. Almal sê dit al ewig. Ek weet dit al vandat ek klein is. Die Here weet.
Ek het goeie punte gekry vir my opstelle, maar dit het nooit oor die punte gegaan nie. Ek dink aan mense wat sê iets laat hulle weer "lewendig" voel. Ek het 'n paar sulke dinge, klere koop, roomys eet... Maar tik is hoog op my lys!
Tik en skryf is seker dieselfde ding, maar ek moet sê ek geniet die manier hoe jy jou getikkery kan uitvee en oor begin- geen tippex nodig nie, en jy hoef ook nie 'n bladsy uit te skeur nie. Niemand kan sien dat jy eers 3 keer onseker was oor jou woordkeuse nie ☺.
So nou tik ek want ek weet my siel soek dit al so lank. Ek weet daar wag iets aan die ander kant vir my. Ek tik want ek het hoop, en ek tik myself in 'n nuwe seisoen in.
Dis tyd.
No comments:
Post a Comment