Hier werk 'n ou, die drywer (vir die wat 'n visual nodig het, hy lyk bietjie soos Neville Meintjies in 7de laan).
Uit respek vir sy identiteit sal ek hom XXX noem ☺. XXX se kantoor is hier reg langs my (die tydelike ontvangsdame). Ons rapporteer aan dieselfde persoon en werk nogal gereeld saam omdat hy baie te doen het met aflewerings en bestellings wat hier by my aankom. Hy is gedurig in my spasie en en gee gereeld vir my halwe opdragte wat ek nie verstaan nie (natuurlik wil XXX hê ek moet RUIK wat hy bedoel). Hy maak ook my lessenaar deurmekaar en ruim nie weer op daarna nie. Ek het besluit om hom nie kwalik te neem nie, meeste mense hier is baie hoog gekwalifiseer en ek kan sien hy is nie. Hy mompel ook wanneer hy praat, so selfs al gee hy dalk 'n volledige opdrag kan ek nie hoor wat hy sê nie.
In elk geval... Laas week, my eerste week, is hy kort-kort hier om my. Dan vra hy iets soos "Waar's daai ding wat hulle moet teken?". WATTER ding wat WIE moet teken??? Daar word eendag 'n klomp desktop calenders hier afgelewer, met geen naam op nie. Ek probeer heeldag uitfigure na wie toe dit moet gaan, en niemand kan my sê nie. Op 'n staium kom XXX hier aan en sê "Hoekom sê jy nie vir my die goed het gekom nie!?". O! Dis vir hom!!? So gaan dit elke dag vir die eerste week, dat ons twee mekaar sleg misverstaan, en hy my aankyk asof ek 'n incompetent idioot is ☺
Ek is twee middae nogal moeilik huistoe met die frustrasie wat ek voel. Ek wil hom nie judge nie, maar XXX weet nie hoe om 'n opdrag te gee nie, en hy begin ook nie by die begin verduidelik nie. Vir als wat hy my vra moet ek eers 3 keer onderbreek en by die punt probeer uitkom. Ek vertel toe vir Jacques van die dude wat my werk nogal moeilik maak, en Jacques sê hy sal hom uitsorteer!! ☺ Die snaakste van als vir my, is dat almal tevrede is met wat ek vir hulle doen, ek verstaan almal se opdragte behalwe syne, en as ek wel iets vergeet of verkeerd om doen, is hy daar om dit te sien. Ek is seker hy is onder die indruk dat ek baie dom en/of stadig is.
Die een middag kom staan hy toe voor my toonbank en sê "Kobie, as jou ma eendag vir jou vra wat jy wil word as jy groot is, sê vir haar MA EK WIL NET WAKKER WORD". Hier wip ek my finaal ☺ maar ek smile en maak of ek dit nie persoonlik vat nie, ek hoop hy het dit as 'n joke bedoel, al dink ek nie dis 'n goeie joke nie. Jy weet nooit wat is dalk vir hom en sy mense snaaks nie, ek's seker van my grappies is ook nie vir hom snaaks nie.
So gaan dit voort die week, ek probeer nice wees en smile elke keer as ek hom sien, want ek wil nie hê ons moet sukkel om saam te werk nie. Ek probeer praatjies met hom maak om hom te leer ken, maar hy loop altyd met 'n suur gesig hier rond en reageer nooit as ek probeer nice wees nie, bietjie bombasties as ek nou 'n beskrywende woord moet kies. TOT GISTER.
XXX: (met 'n groot glimlag): "Ek is besig met 'n speech wat ek by ons skool 20 jaar reunie moet doen!" (Hy mail dit ook sommer vir my dat ek kan lees. Nou kom staan hy by my en vra wat ek daarvan dink.)
Ek: "Dit lyk great, maar ek dink jy moet meer gesels en minder probeer voorberei, dit werk gewoonlik."
XXX: "Ja nee, ek hou daarvan om voor mense te praat, jy weet ek was onderhoofseun by ons skool, die dat ek nou die speech moet maak".
Ek: (smile weer ☺)
XXX: "Ek was ook 'n (een of ander rang?) in die weermag, daar moes ek gereeld met die ouens praat"
Ek: (knik my kop) "Dis great XXX! Jy's dan 'n natural!"
XXX: "En ek gee ook die boodskap party keer by ons kerk"
Ek: (my glimlag raak styf)
XXX: "Jy weet, ek is eintlik 'n pastoor van beroep"...
kriek-kriek...
Ek is onseker hoe om te reageer. In my stilte gryp hy toe die geleentheid aan om vir my een van sy boodskappe te preek wat hy 'n slag by sy kerk gegee het. In die middel van sy preek besef ek - hy probeer my bekeer! ☺OH MY WORD!! Die foon lui en iemand is by die voordeur, dis huistoegaan-tyd en iemand val ons in die rede. SJOE, ek is gered van die amperse bekering!
Vanoggend kry ek hom by my lessenaar toe ek hier aankom, hy was besig met die foon en het dit toe net neergesit.
Ek: (glimlag weer baie groot) "More XXX!"
XXX: (asof hy 'n baie amptelike aankondiging maak) "The whole earth is filled with His glory!"
Ek: (stomgeslaan, weer 'n glmlag. Ek weet nie wat om te sê nie, en gaan sit op my stoel.)
XXX: "Hoor jy wat ek sê!?" (hy raak moeilik met my!)
Ek: "Ja" (weer my beste glimlag en ek knik my kop om te wys ek stem saam met wat hy sê ☺ Hy probeer seker klaarmaak wat hy gister begin het.)
So nou moet ek maar my hart regkry. Obviously lyk ek vir hom soos iemand wat nog tot bekering moet kom! ☺ En ek moet regtig keer om offense te vat, want ek is nogal skepties om Bybelversies te vat van dieselfde mond wat my laasweek sleg gesê het toe ek so in die diepkant gegooi is hier. Maar ja, ek weet ons sal mekaar nog beter leer verstaan en daar sal 'n dag kom wat hy besef ek is al 'n christen. Maar hopelik kan hy dit sommer sien as hy my 'n bietjie dophou, goeie toets vir my.
Never a dull moment!

BAH HAH HAH HAH HAH!!! EK het nou kliphard gelag!!! Dankie Kobie! Dankie dankie dankie!! EK sal die res van jou geskrifte later lees, maar hierdie was baie nodig. Dankie dat jy gedeel het.
ReplyDelete