Friday, January 8, 2010

verder • vorder • bevordering

Dis lekker om 'n bevordering te kry by die werk. Dit het nog nooit met my gebeur in my professionele loopbaan van 2 jaar nie. Boost nogal mens se vertroue in jouself as iemand anders gereken het jy sal die job kan doen. Die company se naam is International Partnership for Microbicides. Ek geniet my eie kantoor en 'n lekker venster wat son laat inkom. Ek werk 2km van die huis af en het allerande lekker voordele.



Ek moes lekker vinnig 'n vreeslike sisteem leer ken, en het baie seker gemaak ek het die vorige girl se nommer dat ek haar kan pla as ek vashaak. Ek stress lekker want hulle sien heeltyd my groot smile, maar nie al die vraagtekens in my kop nie. Die salaris is nie amazing nie maar dit voel vir die eerste keer of ek 'n trappie BOONTOE klim, nie horisontaal net rondksuif nie.


PS - vir die wat my blog oor XXX en die amperse bekering gelees het, ek is bly om te meld dat hy my kom geluk wens het met my bevordering, en bygevoeg het dat hy dink dis omdat ek so goeie hart het! Moeilik om die een te pyl...


No comments:

Post a Comment