As jy 'n ekstrovert is moet jy beslis op 'n saterdag gaan, wanneer daar hordes stalletjies en nog méér hordes mense is. Ons was die naweek daar, dis amazing!!
Jacques het gedink hy is dood en het hemel toe gegaan, toe hy al die kos sien. As jy net heel oggend loop en proe aan alles, hoef jy dalk nie eers geld te spandeer om jou maag vol te kry nie. Van varsgebakte brode en die beste olywe, tot schwarmas en fresh fruit smoothies. Ons is trommeldik daar weg.
Daar is iets vir almal! Biltong en cowboy hoede, fraai rokkies en beautiful krale. Lekker plekkies om te sit in die son, en elke uur of so moet jy darem weer bietjie rus met 'n koppie koffie.
Die beste deel natuurlik, om nuwe vriende te maak. So lekker gekuier saam met mense wat ons ontmoet het, en die mojito's maak die proses net makliker (en lekkerder!). Dit was great. Kan nie glo ons bly al meer as 'n jaar in die Kaap, en ons kom nou eers daar uit nie!! As jy ooit hier vakansie kom hou, moet dit deel van jou plan van aksie wees, jy kan dit nie mis nie.



No comments:
Post a Comment