Monday, February 8, 2010

-onfiks-

Jip, dis ek. Onfiks.


Ja, ja, ek weet dis moeilik om te glo ☺ Ek lyk seker vreeslik atleties, maar kom ek wees nou eerlik. Ek dink nie ek ken iemand wat meer onfiks as ek is nie!


Kyk, ek het nog altyd 'n vermoede gehad dat ek in bad shape is. Ek het nie grootgeword met oefening nie, en die gevoel van my bors wat brand en my hart wat uit my ribbes wil spring was nog nooit vir my lekker nie. Inteendeel, ek vermy dit ten alle koste. Maar dis toe Jacques gister vir my sy hart rate monitor opsit in die swembad, dat die konkrete bewyse my tussen die oë getref het.


Die skool het 'n lekker groot swembad, ons gaan swem soms 'n bietjie, jy weet, laps. Vir oefening. Ek kan al so 30 doen as ek myself genoeg opsike voor die tyd ☺ Ons doen dit definitief nie gereeld genoeg nie, anders sou ek obviously nie nou iets gehad het om oor te skryf nie.


Ons het gedink dis 'n goeie idee om bietjie te fokus op ons skop-tegniek. Nie een van ons is kenners op die gebied nie, maar ons albei weet dat ons nie great skop nie. So toe kry ons van daai dryf-spons-goete waaraan jy kan vashou terwyl jy net met jou bene werk, en PROBEER om die ander kant van die swembad te haal.


OH
MY
WORD!


Ek was baie naby aan verdrink, en na 2 laps was ek nie meer seker dat dit 'n goeie idee was nie, maar my trainer was vasbeslote dat ons hierdie ding gaan bemeester. Hy oefen altyd met sy Polar, en gister het ons dit goed gedink om 'n bietjie my onfiksheid in syfers om te sit. So ek moet bieg: my harttempo is dubbel wat Jacques s'n is na een lap. DUBBEL! Dis so embarrassing, ek weet nie of ek die syfers moet publiseer nie.


Weet maar net dat ek nou amptelik oder die wakende oë van my personal trainer is, en dat sy eerste doel is om seker te maak ek lewe langer as hy. Want op die oomblik, sê hy, lyk dit of ons eerder vir MY 'n omvattende lewenspolis moet uitneem om hom te dek ☺


Tough love meisies, tough love... Ek doen die gesond-eet ding nou al meer as 'n jaar, maar dis tyd om 'n trappie hoër te klim!


No comments:

Post a Comment