Thursday, February 25, 2010

oer-klein-agter-ouma-grootjie

Ek is besig om ons family tree bietjie op te skerp op Geni. Dis iets wat altyd vir my 'n vervelige onderwerp was, en ek het nooit baie daarin belang gestel nie. Maar die week het ek bietjie gaan grou in my voorvaders se baggage

"Hulle" sê mos altyd, as jy wil weet waarheen jy oppad is, moet jy darem eers weet waar jy vandaan kom (of so iets), en dit begin nou vir my bietjie sin maak. Ons is nie mense wat vreeslik klou aan die verlede nie, en ons glo mos die Here maak ons vry van generational issues, maar nou besef ek hoeveel issues weggesteek is tot jy bietjie gaan soek. Families het mos die geneigdheid om oor sekere dinge NIE te praat nie. Ek wil ook nie 'n slang agter elke klip soek nie (wat is dit met al die Septimus van Zyl spreekwoorde vandag?), maar soms is daar goeie redes vir die manier waarop families dinge hanteer (of nie hanteer nie).

Ek kyk sommer ook na Jacques se boom wat nou mooi begin vorm vat. Dis lekker om te kyk na die ouderdomme van mense, waar en wanneer hulle gebore is, en hou oud hul byvoorbeeld was toe hul pa oorlede is. Sulke goed sê baie. Ek sien mense in my eie boom wat jonk oorlede is, en verstaan bietjie beter my ouma se pyn. Diep dinge dié!

En ek het 'n ouma-grootjie gehad, tot nog onlangs. Sy was so cute! Die hele familie het haar so gerespekteer vir haar wysheid en verhouding met die Here. Ek onthou hoe sy van kleins af vir my vertel het ek moet vrugte eet - ELKE DAG - en hoe ek my toe nie veel daaraan gesteur het nie. Sy was baie slim, het heeldag en aldag boeke gelees en RSG of Radio Kansel geluister. Ek het vir haar rympies geskryf toe ek klein was, en sy het my al ewig probeer bekeer (ja, nog iemand wat kon sien ek sit die pot heel mis). Sy het gehou van hekel en blokkiesraaisels. Sy het maklik koud gekry en altyd 'n knie-kombersie oor haar skoot gehad. Ons vier geslagte moes al ewig fotos saam neem as daar 'n familie-kuier was, en hierdie was die laaste een (ek het dit natuurlik nie toe besef nie).


Ek het nie altyd die groot fuss oor familie verstaan nie, maar ek het die week begin wonder hoe dit gaan voel as ek bo-aan die boom is met 3 geslagte onder my: 'n oer-klein-agter-ouma-grootjie. Ek sal graag wil hê dat almal heel is, dat almal hulself ken, en dat daar nie mure tussen broers en susters se harte sal wees nie. Dat pa's en seuns in mekaar sal glo. Ek sal wil hê dat hulle die Here ken en vol lewens het. Ek sal wil hê hulle moet saam kan lag en huil oor die dinge van die lewe, en grace sal hê vir mekaar se foute. Groot bestelling né? No pressure liewe kleinkinders!

So ja, ek dink 'n bietjie dieper na die week. Hierdie dinge kom nie vanself nie. Dis seker jare se bid, en tyd spandeer met jou mense. Kanse saam vat en die Here vertrou vir groot dinge. Harde klippe saam kou en sagte koek eet vir elke liewe verjaardag of herdenking ☺

Familie was die Here se idee, so daar lê baie blessing in dit. Ek soek dit. Ek wil aan dit bou, in plaas van breek. Ek will add, eerder as om net te vat vir myself. Wat kan mens saai in jou familie?

1 comment: