Monday, March 1, 2010

paternoster pragtig

Ons was die naweek lekker Paternoster toe.

Dit was so lekker tyd vir stil-wees en vergeet van ander dinge, so vandag het ek nie baie woorde nie, net 'n paar prentjies. Dit was heerlik om bietjie tyd te spandeer op 'n rots, waar mens net die wind en 'n paar seemeeue hoor. Het my hart so goed gedoen en ek voel sommer weer meer gereed vir dinge wat nog moet kom. Ek het kans gekry om weer bietjie te onthou wie ek nouweer eintlik is.

Lekker slaap, stap op die strand, braai ‘n vleisie, vat ‘n middagslapie, lees bietjie, skryf bietjie, dink bietjie ☺ Jy weet, my tipe vakansie!




No comments:

Post a Comment