Tuesday, March 2, 2010

exposed

Toe ons die naweek weg was kon ek weer lekker lank en diep oor dinge dink. Een van my gunsteling stokperdjies ☺ maar ongelukkig een waarvoor ek nie meer so baie tyd kry nie. Dis ook 'n tydverdryf wat my soms in die moeilikheid kry, want van te veel dink kom te min aksie. Ek werk daaraan, maar die feit is dis goed vir my om dinge deur te dink.

Ek het weer bietjie gedink aan my verhouding met die Here, en hoe anders dit nou is as 6 jaar gelede, toe ek tot bekering gekom het. Ek besef nou my geloof het flouer geraak nadat ons getrou het. Ek dink nog heeltyd dis omdat ek Jacques soms bo die Here stel, dat ek verder van God af voel. Maar ek sien nou dit het eintlik nie veel met Jacques te doen nie.

Vandat ons getroud is, sien ek soveel van my foute (wat ek nie eers geweet het ek het nie) onder ‘n HUGE vergrootglas. Jy weet huwelik humble jou mos vreeslik, of jy nou geereed was daarvoor of nie! Dit het gemaak dat ek sommer hoop in myself verloor en baie keer minder glo in myself as voorheen. Ek het baie foute gemaak toe ek nog 'n jong christen was, maar ek het dit ten minste met oorgawe gedoen en dan weer opgestaan en aangegaan. Nou het ek bietjie ophou glo dat die Here my love en dat Hy my wil gebruik. Nou maak ek foute en raak moedeloos met my mens-wees. Ek sien net heeltyd als waarin ek heeltemal suck, so meeste van die tyd survive ek eintlik maar net, en leef nie regtig in victory nie.

Ek soek dit graag terug, daardie confidence - nie in MYSELF nie, maar in GOD IN MY. Ek wil sterk voel ongeag my foute en wat mense van my dink. Ek's nie meer seker hoe ek voorheen daardie selfvertroue gekry het nie, maar ek begin nou weer die journey om dit terug te kry. Niks is vir Hom onmoontlik nie ☺.

No comments:

Post a Comment