Ek het so rukkie terug 'n kaas- en wyn stel gewen in 'n kompetisie. Baie exciting, ek het nog nooit iets gewen nie!! Dit is Diana Carmichael ontwerpe, amper soos Carol Boyes vir die wat daarvan hou. Ek het 'n R1000 hamper gewen: 1 bottel stopper, 2 verskillende kaasmesse en 'n mooi kaasbord. Kan jy glo dis wat dit kos!? Sou dit nooit vir myself koop nie.

In elk geval! Dit was baie lekker, die rooiwyn was heerlik en die kaas nie te weird nie. Ons leer maar nog om Brie en Camembert te eet. Maar gee vir my 'n bietjie Chevin en ons is in die hemel ☺. Fairview, hier naby ons, maak ook 'n heerlike Cranberry bloukaas, wat nes kaaskoek proe - poeding!
Ek is baie bly om nou uiteindelik die amptelike HR Coordinator by IPM te wees. Dis regtig 'n lekker werk en ek bly heeltyd beïndruk met die company. Dit maak my en Jacques se toekomsplannetjies ook heelwat makliker. Noudat ek permanent aangestel is, het ek ook 'n paar lekker voordele bygekry, soos dat hulle 90% van ons medies betaal.
Dankie vir almal se gelukwense! Wens ons kon 'n groot partytjie hou!!



No comments:
Post a Comment