Die van julle wat my goed ken... nee... selfs die wat my net 'n bietjie ken, sal weet ek is nie 'n sports enthusiast nie. My kennis is maar power, veral wanneer dit by rugby kom. Kyk, ek kan darem al 'n forward pass raaksien, maar ek het die naweek net weer besef dat ek maar cluesless is.
Saterdag oggend begin met 'n loopneus en baie tissues. So teen 11uur ry ek en hubby Brackenfell toe vir 'n sportdag. Ek sit vir amper 3ure in die hitte en voel hoe my kop draai van my verkoue. Ek ken nie eintlik mense hier nie (wel, ek ken 'n paar ouers maar dis nie altyd so wys om met hulle te wil praatjies maak langs die veld nie). Die paweljoene is kliphard en ek het nie ietsie lekker gebring om op te sit nie. Ek besef die tyd gaan maar stadig verby, en elke halfuur gaan stap ek maar 'n draai om die veld sodat ek nie aan die slaap raak en omval op die paweljoen nie ☺.
Boys High wen iets soos 70-0, en ons klim in die kar en jaag Nuweland toe, want hubby het my gekry om in te stem dat ons die Stormers game gaan kyk - LIVE! (Nogsteeds baie tissues orals) Daar aangekom en vriende gevind wat by ons moet sit. Ek het die game heelwat meer geniet omdat die atmosfeer so lekker lewenidg is, en Jacques vir my 'n pakkie chilli-bites gekoop het (dit kry nou daai lugweë lekker oop as jy gewonder het☺). My vriendin het ook langs my gesit - groot bonus!! Overall 'n baie lekker ervaring, en ek moet sê ek sou dit defintief nog meer geniet het as ek nie in so 'n dwaal was nie. Lekker ge-social na die tyd, natuurlik die hoogtepunt van die dag vir my (en die laagtepunt is seker die toiletpapier wat my neus rou geskuur het aangesien my tissues opgeraak het).
Asof dit nie genoeg was nie, het ons Maandag die Varsity Cup Semi-Final tussen die Puk en Maties gaan kyk in Stellenbosch (weet asb dit baie impressive is vir my om die toernooi en spanne se name reg te kry soos in hierdie sin, dit gebeur nie baie nie). Weereens ou vriende daar gekry en lekker saam gesing met die musiek wat hulle so hard speel daar. Nie meer so vaak van die verkoue nie (so bietjie minder tissues), en 'n vriendin langs my vir lekker chit-chat.
So ek het 'n rugby overdose gehad die naweek. Ek kan eintlik nie glo ek het ingestem om dit als te gaan kyk nie, noudat ek terugkyk is ek nogal verstom dak dit oorleef het. Maar ek dink Jacques het nou die trick gesnap - hy moet net vir my 'n maatjie reël en sorg dat ons na die tyd 'n lekker social inwerk ☺ Hy weet hoe om my te vang...
Die foto hier onder beeld een van my grootste vrese uit - dat ek die enigste appel is wat opspring en iets skree omdat ek nie weet wat regtig gebeur in die game nie ☺

No comments:
Post a Comment