Wednesday, March 31, 2010

aanhouer wen

Nee dit is nie 'n skinnerstorie nie ☺ Ek het by die gym aangesluit!

Ek is (soos julle reeds weet) nie jou tipiese sporty spice nie. Daar is baie dinge waarin ek goed is (sonder om nou te brag), maar sport was nog nooit een van hulle nie. Nogal snaaks dat ek toe nou met 'n sportwetenskaplike getrou het. Wat nog snaakser is, is die feit dat hy my nog nooit probeer convert het nie, en my maar net encourage om nou en dan saam met hom te oefen. Hy is amazing - praat van unconditional love! Ek voel nooit ek moet soos iemand op 'n Virgin Active poster lyk nie ☺

Maar nietemin, selfs al hou ek nie baie van oefening nie, weet ek dis iets wat ek baie nodig het om op my gesondste te wees. Volgens mayoclinic.com is daar soveel voordele aan gereëlde oefening, hier is 'n paar wat my nogal motiveer:
  1. Exercise improves your mood - o ja, ek dink ons almal kan doen met 'n bietjie van dit!
  2. Exercise combats chronic diseases - beslis voordelig as mens dink aan al die diabetes en hartsiektes waarmee die wêreld sukkel.
  3. Exercise helps you manage your weight - altyd 'n plus-punt, lekker om in jou klere te pas.
  4. Exercise boosts your energy level - ek het altyd daarvan nodig!
  5. Exercise promotes better sleep - yes please, ek hou van lekker diep slaap. wie sal nou nie lekkerder wil slaap nie?
  6. Exercise can put the spark back into your sex life - kan mens dit op jou blog skryf? dis vir die getroudes natuurlik ☺
  7. Exercise can be — gasp — fun! - ek sal hierdie een bietjie navors en weer terugkom na julle toe met my resultate...
So ja, ons is nou Virgin Active members, want al wil ek Jacques saam oefen, is ons net nie op dieselfde vlak nie (ja, dis die waarheid), en ons skedules is te verskillend. Ons het die somer bietjie laps geswem (vir die wat my onfiks blog gelees het), maar die seisoen begin nou draai en die water is nie meer warm genoeg nie. Nou kan ons albei oefen wanneer dit ons pas, en ons het 'n groter verskeidenheid opsies.

Ek het gisteraand begin, en besluit om my eerste sessie redelik rustig te vat. Hastige hond verbrand sy mond! Ek het myself al lelik teruggesit deur te vinnig te hard te probeer ☺ So ek het so halfuur cardio gedoen en toe 'n uur yoga klas. Goeie strekke om die stywe lyf van my bietjie gereed te kry vir die nuwe fase in my lewe.

No comments:

Post a Comment