Terwyl meeste mense lekker tyd saam hul families spandeer het oor paasnaweek, was ek home alone - net ek en my gedagtes vir 6 hele dae. Jacques was Johannesburg toe vir 'n rugby toernooi, en ek het noodgedwonge intense introspeksie gedoen tot hy terugkom. Ek sal myself nie altyd so afsonder nie, maar ek kon voel ek het dit bietjie nodig - tyd vir myself.
Dis nie my gunsteling tydverdryf nie, maar ek weet dit doen my goed om net nou en dan 'n bietjie weg te kruip vir die wêreld en te onthou wie ek is op my eie. Mens vind so maklik jou identiteit in verhoudings en ander mense se opinies van jou, ek vergeet soms wie ek nou weer is as ek alleen is. Ek moet erken, 6 dae daarvan vat dit 'n bietjie ver, maar ek dink tog dis nou deeglik gedoen.
Ek het laat geslaap, boeke gelees, flieks gekyk, fotos geraam en darem 'n bietjie gaan gym om te sorg dat ek nie heeltemal muf nie ☺ Ek het so hier en daar 'n mens gewaar, maar dit was maar eintlik 'n vervelige naweek. So al skryf ek oor die lang naweek het ek nie veel om te sê nie, behalwe dat ek weer 'n paar laaie in my gedagte-kas kon regpak.
Goed vir my siel...

No comments:
Post a Comment