Ek was al voorheen oorval met werk, maar ek moet sê die week vat die koek. Meeste mense ken seker die gevoel: asof jy gaan verdrink tussen al die papierwerk ☺.
Ek love elke oomblik daarvan hierdie keer. Nog nooit voorheen so positief oor 'n hoop werk gewees nie! My baas gaan oor minder as twee weke met kraamverlof, so sy lei my nou op teen 'n spoed wat skrik vir niks. Vir 'n hele vyf maande gaan ek sonder haar moet klaarkom. Sy glo obviously in my vermoë, want sy is so kalm soos more heeldag. Dit gee my ook darem bietjie rustigheid, an natuurlik 'n self-esteem boost.
Die lekker deel daarvan is as jy so konsentreer dat jy amper kan VOEL hoe die rook by jou brein uit trek, en jy hoef nie vir kollegas te verduidelik hoe jy jou tyd gebruik nie. En sodra jy die wilde pace gweoond raak, is dit asof jy spasie kan maak vir NOG ☺.
Hoop ek kan altyd so positief wees oor baie werk. Ek moet sê my onlangse verhoging speel seker 'n groot rol in my gewilligheid...

No comments:
Post a Comment