Monday, March 8, 2010

soe!

Ek het iets baie interessant geleer die naweek! Mens spel toe nie Paarl soos ek nog altyd dink nie. Die korrekte spelling is eintlik B•E•LA•G•L•I•K•W•A•R•M ... There you go!

Ek is 'n somer kind, so moenie my verkeerd verstaan nie, maar toe dit gisteraand 10uur nog 33˚ was, het ek al my hoop om slaap in te kry verloor. OH MY SOUL! Ek is so moeg vandag...

Ek dink dit was die warmste dag wat ek nog in my HELE LEWE ervaar het, no jokes. Ons was toe nog ewe braaf genoeg om te wil braai op die gras. Of jy nou in die koelte sit of nie, die warm lug wat om jou beweeg maak jou so ongemaklik jy wil skree. Die gevoel van jou klere wat an jou lyf plak en jou hare wat begin krul in jou nek - nee dankie. Ek sien al heel naweek uit om te kom werk, want hier het ek ten minste aircon.

Ek was gisteraand deur 'n koue stort uit desperaatheid, wat darem daai taai gevoel vir so rukkie wegkry, maar dit koel mens net af tot jy weer begin afdroog. Ek begin al plannetjies maak om lekker dik gordyne orals te hang dat die plek net beter geisoleer kan wees. Dit behoort 'n verskil te maak, en selfs in die winter ons plekkie weer warmer te hou.

Gelukkig is dit nou maandag en ek het dit oorleef. Die een positiewe is dat ons in die aande nog tussen 6 en 7 kan gaan swem want die water is heerlik! So ek weet wat ons vanaand na werk doen ☺

No comments:

Post a Comment