Wednesday, March 3, 2010

XXX en die kaas

Die van julle wat my vorige posts al gelees het (hoe ek amper tot bekering gekom het ens), sal weet dat ek en XXX 'n geskiedenis het. Een wat nie op 'n great noot afgeskop het nie, en ons verhouding is maar nogsteeds wankelrig en onvoorspelbaar. Wel, hy is die onvoorspelbare een (hoor hoe blame-shift ek nou!).

Maar vandag se post gaan weer oor dierbare XXX, die drywer hier by IPM. Ek sien hom nie meer so baie vandat ek my juicy promotion na die 1e vloer gekry het nie, maar vandag het hy weer hier by my kantoor kom draai... om kaas aan my te probeer verkoop! ☺

Ek het hom sien verby stap met 'n groot plastiek sak in sy hand, en hom gegroet (soos altyd): "More XXX!" Hy maak toe 'n draai slap regs in my kantoor in, en begin grou in die sak.
Ek: "Wat's daai?"
XXX: "Dis kaas! Kom... hier... ek kry vir jou 'n lekker stuk" (hy vroetel in die sak en ek sien hy gaan die grootste blok vir my uitsoek)
Ek: (wonder waar kom hy nou aan die klomp kaas) "Hoekom deel jy kaas uit?" (dalk het dit van een of ander lorrie af geval?)
XXX: "Ek verkoop dit!" (hy druk 'n tamaai blok onder my neus)
Ek: "Ag skuus XXX, maar ek eet nie eintlik kaas nie."
XXX: "WAAAAAAAT!?"
Ek: (soos altyd, my beste smile, ek sukkel om nie te giggel nie) "Ek kan nie baie suiwel produkte eet nie, lang storie."
XXX: (baie disgusted) "Ag jis Kobie, ek sukkel ook altyd met jou. Jy's seker die enigste een hier wat nie kaas eet nie." (hy mission weer soos 'n bulldozer hier uit, en ek wonder al klaar hoe die volgende episode gaan lyk...)
Hehe, never a dull moment met XXX in die omgewing. Hy weet net hoe om my dag op te helder met sy sprankelende persoonlikheid!

No comments:

Post a Comment