Die druk is nou behoorlik hoog met my bestuurder wat oor 'n week met kraamverlof gaan, en ek wat als moet kan handle wanneer sy weg is - vir 5 maande!!! AAAAH!!! Baie stressvol vir my, maar ek moet erken ek sien die geleëntheid daarin raak. Dis great ondervinding om te kry, en ek gaan dubbel soveel leer omdat die druk nogal groot gaan wees.
Wat ek die week besef het, is dat groot base met jare se ondervinding en baie aansien ook maar net mense is met moeilike tye en persoonlike uitdagings. Mens weet dit, maar ek kon dit die week baie duidelik by my werk sien. Selfs die groot groot baas is soms verkeerd en onredelik (wat OK is), maar hoe ek dit moet hanteer is nog vir my 'n moeilike een. Ek moet vriendelik wees, mense moet voel hulle kan hul baggage in my kantoor kom afpak, maar op die ou-end moet ek die feite van die emosies kan skei en objektief optree (nie altyd die kollegas se gunsteling deel nie).
Dis so moeilik om als te juggle, maar dan besef ek hoekom mens baie spesifieke skills moet hê/aanleer om 'n suksesvolle HR persoon te wees. Jy kan nie sommer enige appel aanstel om mense se sensitiewe sake te hanteer nie. Dit is nie speletjies nie, die risiko is baie keer hoog en die kans is altyd groot dat jy wil simpatie hê omdat iemand ongelukkig is oor iets. Maar hier kom vir my nou 'n groot les in tough love. Dis iets waarin ek nog altyd glo, maar ek sal nou moet leer om dit op 'n heel nuwe vlak toe te pas. Met 'n smile natuurlik, en sonder om myself af te stomp vir mense se harte. Anders lyk ek nie meer soos 'n christen nie, en dan gaan XXX my weer kom probeer bekeer...
No comments:
Post a Comment