Thursday, March 11, 2010

phew...

Ek is so bly om te kan deel dat ek uiteindelik permanent aangestel is hier by IPM, waar ek nou al van November af op 'n kontrak-basis werk. YEAH!!! Die Here ken my hart en het net SO kom sorg vir my...

Die verligting voel baie groter as wat ek verwag het, en ek besef dat ek in my agterkop al gewoond begin raak het daaraan om gewoonlik NIE te kry wat ek graag wil hê nie. Dis nie 'n goeie mind-set as jy my vra nie. Dit laat my voel soos iemand wat net wil survive, nie excell nie. Dit laat my dink aan hoe my ouers met my gepraat het oor beroepskeuses: "As jy net 'n werk kan kry wat al jou uitgawes dek, sal jy OK wees". Nooit aangemoedig om my belangstellings te explore of 'n passie te ontwikkel en dit te volg nie.

So ja, ek is bitter bitter bly dat ek hierdie lekker werk nou my eie kan noem. En nee, ek is nie van plan om dieselfde raad vir my kinders te gee eendag nie ☺. Ek besef my ouers het baie goed bedoel, en hulle ouers het hulle ook seker nie aangemoedig om hul drome te volg nie, so ek probeer nie kritiseer nie. Maar ek is 'n dromer, en ek kan net imagine watse klein dromer-kindertjies ek gaan moet help besluit eendag ☺.

Ek en mnr. Snyman gaan lekker celebrate vanaand! En ek sien uit om my medies te kry, met Vitality benefits an al, sodat ek lekker kan begin gym een van die dae!! Wie weet, as julle my weer sien het ek dalk kuite!?

No comments:

Post a Comment