Monday, February 15, 2010

vir my valentine

Ek was so excited oor valentynsdag die jaar, gewoonlik steur ek my nie te veel daaraan nie. Ek het die lekkerste most cheezy idee gehad om vir my en Jacques 'n bietjie spandrag aan te skaf - HAHA!!! Ek weet nie of Jacques syne so baie in die publiek sal dra nie, ons sal maar moet sien ☺ Maar ek sien uit om dit te dra dat mense my kan uitvra daaroor!



Jacques het vir ons 'n lekker picnic georkestreer op die berg, by die taalmonument. Dit was great, so 'n mooi dag, great view en lekker snacks. Hy't my vreeslik bederf met lekker parfuum en mooi blomme, maar eintlik was die hele naweek soos een lang date. Ons gaan nooit vreeslik groot met valentynsdag nie, maar hierdie keer het ons sommer all out gegaan. Net nog 'n verskoning om lekker soetsappig te wees!

'n Klein ietsie oor valentynsdag wat ek raakgelees het:
"No one knows the real story behind Saint Valentine (at least three different saints named Valentine are recognized by the Roman Catholic church), but one legend claims that he secretly married young couples against the orders of an emperor who had banned marriage, because he believed single men made better soldiers."

No comments:

Post a Comment