SJOE! Ek het vanoggend SO groot geskrik!!
Ek kom betyds by die werk aan (soos altyd), en sien dat daar wraggies iemand op my plek gestop het. Hier werk dit eintlik maar op 'n first-come-first-serve basis, maar daar is 'n plekkie wat ek gewoonlik kry en waarvan ek baie hou.
ANYWAY! So moet ek toe nou in die straat parkeer, teen 'n bult. Nie 'n probleem nie, dis waar ek gewoonlik moet stop as daar nie ander plek is nie. So ek parkeer en dink nogal ewe by myself "Dis seker beter om jou kar in 1e rat te sit as jy so teen 'n bult parkeer?" en ek doen dit. Ek sit die kar af en vat my handsak, en net toe ek my voet op die teer sit sien ek dit...
EEEK!!!!
Die huge double cab wat voor my parkeer het is besig om bietjies-bietjies agtertoe te beweeg, en behoort oor so 3 minute my kar te tref as ek nie NOU hier wegkom nie!!! My hart kon nie besluit of hy wil gaan staan of uit my ribbes spring nie!!
Gelukkig kom Andries, my buurman in die gebou, uitgehardloop omdat hy dit ook gesien het. Hy staan gou teen die kar en dit gee my so 2 minute om binnetoe te hardloop om vir Ronel te gaan soek! Hy het gesê ek moenie soveel vertroue in sy krag sit nie, hy weet nie of hy regtig die kar sal kan terughou nie, maar ek het die vrede van die Here oor my voel kom en geweet dit sal OK wees.
Ingestorm en vir Ronel van die foon af gekry, waar sy besig was met haar gereelde oggend chit-chat ☺. Sy's uit en het vinnig-vinnig haar kar weer mooi reg parkeer (heelwat verder van myne af), en die handrem mooi hoog opgetrek. Phew...
So vandag is Andries ons albei se hero. Dit was die weirdste manier wat 'n werksdag nog ooit vir my begin het. Lekker bloed wat deur die are hardloop en my brein wat nie meer 'n keuse het of hy al wil wakker wees of nie.
Die illustrasie hier onder is obviously nie 100% akkuraat nie (met Andries wat glad nie so 'n ou man is nie, en natuurlik die karretjie wat 5 keer groter moet wees), maar dis die beste wat ek kon kry. Daar was nie juis tyd om fotos te neem van die storie terwyl dit gebeur het nie.
Verligting...

No comments:
Post a Comment