Wednesday, February 10, 2010

gesondheid uit die grond uit

Ek is baie trots op myself as ek dink hoeveel groente en dinge ek nooit wou probeer nie, en nou het ek al soveel nuwe goed leer eet. Ek wil nie my arme ma die skuld gee nie, sy het ook net met rys, vleis en aartappels grootgeword. Maar in die jaar vandat ek en Jacques die Natural Way van Mary-Ann Shearer begin volg het, het ek al die volgende goed leer eet:
  • Avokado (ja kan jy glo ek het dit nooit eers probeer nie)
  • Eiervrug (vra bietjie vir Naomi om jou van haar eiervrug-stories te vertel)
  • Sade (nou eet ek dit sommer in 'n slaai of 'n stuffed butternut)
  • Neute (veral almonds, ek het nooit daarvan gehou nie, veral nie rou en sonder sout nie!)
  • Sprouts (ek gooi dit in die slaai nou, enige soort sprouts)
  • Leeks (ek het nie eers geweet wat 'n leek is tot ek die resepte begin probeer het nie)
  • Olywe (ek eet nou al so paar maande olywe, en kry actually cravings daarvoor party dae)
  • Dadels (ek het gedink net Hilda op 7e laan hou daarvan, maar daar is gelukkig 'n paar lekker goed wat mens daarmee kan doen besides dadelvingers)
  • Artochokes (ja ek is mal daaroor, jammer dis so duur)
  • Bokmelk (baie minder cholesterol as selfs lae-vet koeimelk)
  • Seldery (jip, ons eet dit seker elke tweede dag)
  • Spinasie (soms sommer so rou in slaai, anders maak ek 'n mean spinach lasagne)
  • Rocket (my gunsteling soort blare op die oomblik)
  • Koring (as mens moeg raak vir die ander stysels is dit darem ook 'n opsie)
  • Polenta (kan nie glo ek het nooit geweet wat dit is nie, baie lekker!)
  • Patats (nie die soet stroop tipe nie, ek maak vir ons "chips" daarvan, sonder olie natuurlik)
  • Regte egte botter (ek was maar 'n margarine meisie tot ek besef het hoeveel keer dit al verhit was voor jy dit nog koop, selfs die "gesonder" weergawes is atually nie so great nie. enige verhitte vette is sleg vir jou!)
Soveel van diĆ© kosse het meeste ander mense mee grootgeword, ek is so spyt oor hoe lank ek uitgemis het. Watter nuwe kosse wil jy die jaar leer eet???


No comments:

Post a Comment