SJOE! Wat 'n week by die werk...
Ek sê jou, die Here ken my so goed en weet presies wanneer ek wat nodig het. Ek leer soveel nuwe dinge van die Here by my nuwe werk. Hy leer my soveel dinge van myself en my kapasitiet, dis amazing.
Gister het die ultimate deadline/krisis oor my pad gekom, en aangesien al die bestuurders al huistoe is, was dit my baby om uit te sorteer. Lekker gestress en myself amper verstrengel in red tape, maar toe ek vanoggend in my inbox kyk, het al my gespook en -spartel afbetaal. My oortyd en inisiatief was toe die moeite werd, en al is ek die enigste een wat myself simpel gestress het, die werk gaan weer aan soos gewoonlik. En dit lyk soos smooth sailing vir almal om my. Well done!
Ek moes weer elke 5 minute 'n gebedjie squeek en myself kalmeer, maar die Here het vir my deurgekom. En meer as net die krisis wat opgelos is, het Hy my 'n geleentheid gegee om te wys ek het wat dit vat - ek moes my beste moves uithaal ☺ En nou snap ek seker vir die eerste keer dat die oplossing van 'n probleem nie altyd die enigste doelwit moet wees nie. Ek het meer bereik as net die oplossing, en dis amazing!! Dinge het so great uitgewerk en my bestuurder het net vanoggend gevra hoe ek dit als reggekry het.
So ja, ek wonder nou hoe ek hierdie lesse in myself kan grafeer sodat ek dit in ander krisisse ook kan onthou en toepas. Ek voel so asof ek myself extend in areas wat ek nie geweet het bestaan nie. Hoe meer ek dit doen, hoe meer glo ek ook sommer in myself. Ek weet dis een ou klein insident, maar die guts wat ek bymekaar moet skraap om sulke groot final calls te maak is enorm. En my eintlike punt is dat ek nie geweet het ek het guts nie.
So daar is my eintlike les vir die dag, iets waarin ek myself nou heelwat beter ken. Ek het guts. Ek het wat dit vat. Ek kan dit doen. Die Here gee my guns en glo ook in my.
Dis amazing!

No comments:
Post a Comment