Wednesday, February 2, 2011

die onverwagse besoek

Vanoggend het begin soos enige ander oggend: druk die wekker dood, draai vir oulaas om dat ek nog 5 minute op my awesome kussing kan lê, opstaan, vrugte chop, maak vir ons smoothie, in die stort, uit die stort, aantrek en - TOE!!!

Toe ek terug stap badkamer toe om my gesig en hare te doen in die spieel, is daar 15 bye in die badkamer!!!!!!!!!!! AAAAAHH!!! Hulle zoem-zoem in groot sirkels rond en vlieg in als vas! Vanoggend het een my wakker gezoem oor hy aanhoudend teen my kamer venster vasgevlieg het. Toe ek vir Jacques vertel en hy stap in die gang af is daar weer 'n spul wat by ons agterdeur rond zoem!! Ek het my ken teen ons laai kassie gestamp soos ek gekoes het vir een wat teen my kop vasgevlieg het, maar darem nie te seer gekry nie ☺.

Waar kom hulle vandaan en wat soek hulle in my huisie!!? Daar is nie blomme wat hulle kon trek nie, ons smoothies is soet, maar hulle sou rondom dit gezoem het as dit hul mission was!?

Baie scary oggend gewees. Ek het die stort se warm water oopgedraai dat die stoom hulle irriteer, en so is meeste weer by die venster uit (toe kon ek darem gou room aan my gesig sit en my tande borsel). En nadat Jacques die res van hulle vriendelik uitgewaai het is almal skielik weer weg. Die swerm wat buite ons vensters rondgehang het ook!?

Strange...

No comments:

Post a Comment