Tuesday, February 22, 2011

die een waar ons onsself GRAND hou

By my werk se jaareindfunksie was ek die gelukkige wenner van 'n Crystal Towers Hotel voucher: 2 aande vir 2 mense, breakfast included - YEH!

Ek moet net sê dat ek NOOIT iets wen nie, so ek voel nie eens 'n bietjie skuldig oor my amazing prys nie ☺. Terwyl ander mense met potplante of 'n chocolate huistoe gestap het, kon ek begin droom oor die amazing hotel wat 'n rukkie terug op Top Billing was. Ek kan probeer verduidelik hoe fancy dit is, maar hier is 'n paar fotos:


Ek moet bysê, die glas en staal design voel baie keer bietjie koud, en ons hou meer van 'n cosy plek, so soms sukkel mens maar bietjie om te ontspan in so 'n fancy hotel. Ons het wel 'n nice spa-treatment ingewerk, en lekker gaan kuier by 'n paar wynplase in Constantia.


1. Groot Constantia is die oudtse wynplaas in SA, oorpronklik besit deur Simon van der Stel. Lekker baie geskiedenis, en die plaas is vreeslik mooi! Ons het 'n kelder-toer gedoen om die hele wynmaak proses bietjie beter te verstaan.


2. High Constantia is so weggesteek en glad nie kommersieel nie, daar is nie eers regtig 'n foto op die website nie. Mens loop sommer oor die nat vloere van die klein keldertjie tot op die stoep agter, en hopelik is daar iemand wat vir jou kan help om 'n paar wyne te proe. Goeie wyn maar DUUR wyn. Gelukkig kry ons altyd afslag waar Jacques sy groot smile wys ☺.


3. Constantia Uitsig is 'n lekker cosy plek, met 'n hotel, spa en restaurant. Net een wyntjie daar geproe, en vir ons 'n awesome wynrak gekry (dis die een waarna ek al so lank soek ☺). Ek sal graag weer soontoe wil gaan om die eetplek en slaapplek en so te verken!!


4. Steenberg is woes modern en ek besef vandag eers dat dit 'n hotel is met 'n golfbaan en spa - sjoe die mense gaan groot hier in Constantia!! Die kandellaar wat soos druiwekorrels lyk is nogal impressive, veral as jy reg onder dit sit ☺


No comments:

Post a Comment