Monday, February 7, 2011

amper amper omgeslaan

Sjoe die Here het my lekker kom verras in gister oggend se worship...

Ek het die week baie tyd spandeer aan ons songlist en om bietjie beter voor te berei as gewoonlik. Dis iets waaraan ek regtig wil werk, en ek het al gesien hoe die Here worship kom annoint as jy net jou deel doen en tyd spandeer aan die beplanning. As jy wag tot saterdag om te oefen, is jy lekker gestress op die verhoog, en my vingers is gewoonlik dan lekker rou en uit oefening.

So die week het ek teen Woensdag al songs gekies en 'n paar keer deur geoefen. Vingers reg, key reg, 'n paar nuwe songs reg. Ek het vir my 'n Sondag-playlist gemaak op my ipod, en kort-kort deur die naweek lekker rustig na die songs te luister. Ek het bos gegaan met tegniese notas en idees vir die dinamiek, very excited!!

Sondag oggend by die kerk aangekom vir oefening en toe vat die klank setup en tuning heelwat langer as gewoonlik, wat beteken ons het 30 min later begin oefen - EEEK!! Ook het ons 'n ongewone vol band gehad, en die baie klanke en stemme het my aanvanklik bietjie oorweldig, 'n eerste vir my om soveel "deelnemers" te koordineer. Oefening was nie so goed vir my senuwees nie, en al het ons almal regtig ingesit, het dit vir my gevoel dis so fragile en ons "gel" net nie lekker nie. Ons is agter toe om te gaan bid, en toe weet ek - this is it! As die Here nie die werk kom doen nie, kan ons maar vergeet om te worship, want al my voorbereiding en plannetjies het nie veel bereik sover nie ☺.

So het die diens begin, en halfpad in die eerste liedjie raak ek super excited oor die energie in die gemeente, en hoe almal skielik net reg klink op die monitors. Die vrees en stress het van my afgesmelt binne oomblikke, en ek het dit so geniet om deur die songs te vloei!! Die band en vocals was amazing en ek kon voel hoe die Here ons almal lekker kom verras met sy teenwoordigheid!

Aan die einde van die diens het ons weer die laaste song gespeel, Saviour King (een van my favorites!!), en dis toe die Here my regtig kom oorweldig het met sy awesomeness ☺. Die hoendervleis het soos 'n vloed oor my arms en teen my nek op gehardloop, ek kon voel hoe my oë opdam en my woorde wil opraak. Dit was een van daai oomblikke wat ek gewens het ek was nou in die gehoor sodat ek net plat op my gesig kon neerval. Ek was so oorweldig dat ek baie hard moes fokus om regop te bly, want my kniee (en hele lyf for that matter) wou-wou net in jelly verander.

'n Vriend van my, wat ook 'n worship-leier is, het weer vanoggend vir my gesê: mens moet oefen asof die Here nie gaan opdaag nie, en dan moet jy worship asof jy nie geoefen het nie...

It works!! Die Here is 'n genius!

No comments:

Post a Comment