Hey julle!!
Jip dis waar, ek het gisteraand my 3de rokkie klaar gemaak - YEEEHAAA!!! Hierdie een is bietjie meer frilly, en ook effens bo my kniee (dus nie 'n goeie opsie vir werk nie, maar ek dra hom sommer more as ek en manlief gaan picnic hou!!).
Perserige bo-lyfie, weereens lekker rek vir die middel, en die ligste vladder-agtige beige katoen. Die foto laat dit bietjie dowwer lyk as wat dit is. Hy is lekker puffy en baie koel, net reg vir die Paarl somer.

No comments:
Post a Comment