Monday, January 31, 2011

fraai meraai

Ek het hierdie naweek my heel eerste rokkie gemaak - very exciting!! Ek doen nie eintlik serious naaldwerk nie, maar het 'n masjientjie en weet hoe om klere te alter as dit moet. Ek het al baie vierkantige goed gemaak, soos sakkies of slope en so, maar nog nie iets wat ek kan aantrek nie. Ek lees darem gereeld Gertie's blog for Better Sewing, wat my nogal opsike om nuwe dinge te probeer - baie oulik!

Ek het saterdag 'n lekker klomp lap gekoop, want ek het 'n plan met 'n paar maklike rokkies wat ek vir werk wil maak. Die somer is net te erg om heeltyd broeke werk toe te dra in die Paarl, en die rokkies in die winkels is te kort (vir my) om werk toe te dra. So hence, my masterplan.

Ek is 'n plain Jane, so het nie baie komplekse idees (vir nou) nie ☺. En ek het besluit om sommer bietjie 'n shortcut te vat in die proses: in plaas daarvan om ure te sukkel met 'n bo-stuk se trimmings, het ek vir my 'n R20 hempie gekoop en die rokkie van daar af ondertoe gemaak - haha!!

Dit was so lekker. Die ge-zrrrr-zrrrr van die masjien terwyl ek Julie & Julia kyk om my te inspireer. Hulle maak kos, ek maak klere, ons al drie probeer iets nuut. En as hulle sê Bon Appetit! wil ek sê Voila!! Ek is baie tevrede met die resultaat. Eenvoudige katoen rokkie wat heerlik koel en lank genoeg is. Ek gaan nog maak!!!

Ek het die foto sommer met my foon geneem (verskoon die angle, maar so kan mens bietjie van nader sien - haha!!) . Dis 'n puffy rokkie wat tot bo my kniee kom. Ek's mal oor die ligte grys lap se print.

No comments:

Post a Comment