Hi julle!
Sjoe maar 2011 het vir my met 'n redelike spoed begin. Ek het nog nie eens vertel van my super-duper-crammed-family-roadtrip nie!!
Ek en manlief was so intelligent om 80 familielede in 'n 3 week road trip in te pas. Ons het 'n fantastiese program uitgewerk vanuit die Paarl, Gauteng toe en weer terug: waar ons gaan slaap, hoeveel aande, wat dit behoort te kos, family events en pit-stops wat ons als by moes uitkom. Die ekspidisie was baie nodig, aangesien ons die laaste 3 somer vakansies nie by familie was nie!
Oor die algemeen 'n uiters suksesvolle en baie fun vakansie gewees, maar ek moet sê, in die helfte het ek bietjie gewonder: WHO'S CRAZY IDEA WAS THIS!!? Dit was natuurlik meestal my genius plan, en dit waarvoor ons nie gebudget het nie, was die emosionele uitgawes... not so genius anymore ☺. As mens jou mense baie min sien kan die emosionele lading nogal hoog raak. Ek kan gelukkig sê dat selfs die emosionele oomblikke baie rewarding was, en dat ek regtig bly is ons het die vakansie so gereël. Ons is baie geseënd met weird/wonderful familie (dis die FANTASTIESE deel).
'n Goeie uitlaat vir ons deur die hele trip was ons baie gereelde besoeke aan Virgin Active. Pomp die bloed bietjie deur die are en kry weer helderheid oor dinge, werk soos 'n bom! Ek dink ons is seker die mense wat die meeste takke besoek het in een maand!! Ek het vir die eerste keer met gewigte begin oefen (Jacques het vir ons vakansie programme geskryf), en in plaas daarvan om gewig op te tel van te veel eet oor kersfees, het ek bietjie spiere gebou en sit my broeke nou effens stywer (dis die FRIS deel). Not happy.
Ek het bietjie gehoop vir 'n vakansie NA die vakansie, maar so paar dae alleen by die huis het ons twee weer lekker recharge (dis die VARS deel). Nou, vir die nuwe jaar en sy nuwe dinge!! Ek het ook by ons jaareindfunksie 'n lekker Crystal Towers Hotel voucher gewen: 2 aande vir 2 mense, breakfast included... ek is seker ons gaan BAIE VARS voel daarna ☺.
Ek en my bestuurder was dieselfde tyd met verlof in Des/Jan, so ons albei het 'n belaglike vol inbox gehad op ons eerste dag terug (dis die VERSKRIKLIKE deel). Maar na 'n woeste week van serious oortyd werk, is als weer terug na normaal. Om by te dra tot die verskriklike, het ek in een week: 1. 'n onverklaarbare somer-verkoue opgetel 2. een van my belangrike kitaar vingers raak gesny, en 3. 'n belaglike en onnodige allergiese reaksie om streeks middernag gekry wat my meeste van die nag wakker gehou het oor ek gesukkel het om asem te kry. Ek kan gelukkig meld dat ek weer herstel het en die uiters uitdagende week oorleef het.
Ek is bietjie onseker wat vir my voorlê in 2011, maar nogal opgewonde om weereens die vreemde in te vaar. Jacques het al hard gewerk aan sy goals vir 2011, maar die jaar voel bietjie vir my soos 'n mystery... Ek geniet die kombinasie van fris/vars/verskriklik/fantasties en kan net hoop vir nog byvoeglike naamwoorde om oor te skryf in die jaar wat kom ☺.

No comments:
Post a Comment