Thursday, December 9, 2010

Leah: Gen 29-31

PRYS DIE HERE hierdie is die LAASTE
vroutjie-van-die-BYBEL post!!!

Kom ons kyk bietjie na Leah. Die hele storie is vir my nogal ontstellend. Eerstens omdat Jacob getrick word om met Leah te trou in plaas van Rachel, maar verder om te sien hoe die twee susters toe nou op die ou-end kompeteer vir sy liefde deur te kyk wie die meeste kinders vir hom kan gee. No pressure!!

Ek is sommer omgekrap nadat ek dit gelees het, en kry eintlik albei vrouens jammer dat hulle moet "perform/produce" om sy affection te wen. Dankie tog ek weet nie hoe dit voel nie. Tussen Leah en Rachel (en hul diensmeisies) is daar 12 seuns en 1 dogter gebore. Ek dink dit moes 'n sight for sore eyes gewees het, om nie te praat van die spanning tussen die vroutjies nie.

Genesis 30:19-20 Leah became pregnant again and bore Jacob a sixth son. Leah said, 'God has endowed me with precious gifts. Now my husband will honor me, because I have given him six sons.' She named him Zebulun.
Wel, daar het ons nou die dramatiese einde tot hierdie intense vroutjie-verkenning. My kop is seer maar ek is super bly ek het deur almal gelees. Amazing hoe shocking van hierdie stories is as mens net bietjie tyd spandeer om daaroor te dink. Uit dit alles het ek geleer: Die Here kan doen wat Hy wil, ons is NIKS sonder God nie, en ons pogings en plannetjies kry ons gewoonlik net dieper in die moeilikheid en verder van God af.

Dankie vir die saamlees, en almal se lekker comments! Ek het die geselsies nog meer as die posts geniet!!!

No comments:

Post a Comment