Friday, October 29, 2010

Sarah: Gen 16-18

Ons almal ken Sarai (wat later Sarah geword het) se storie van ongeloof. Ek sou ook moeilik geglo het dat die Here twee sulke ou mensies sal seën met 'n babatjie! En wat ons vroutjies gereeld wil doen, nes sy, is om ons eie plannetjies te maak as dit lyk of die Here s'n nie gaan werk nie. Glo ek REGTIG hierdie versie?:

Gen 18:14 "Is anything too hard for the LORD? I will return to you at the appointed time next year and Sarah will have a son."

Die Here gebruik definitief hierdie storie om die verskil tussen WORKS en FAITH te verduidelik. Ons sien baie duidelik dat blessing kom deur selfs net 'n BIETJIE FAITH te hê en te wag op die Here, terwyl selfs BAIE WORKS mens nie ver bring nie. So maklik om te verstaan maar moeilik om regtig so te lewe. Ek wil weer bietjie onthou watter beloftes die Here al vir my gegee het, en my geloof weer daarin sit. Ek sit hulle so maklik op die rak waar hulle gewoonlik net stof opgaar...


Ek sien julle weer Maandag met Dorcas se post!

1 comment:

  1. Sommer net ietsie interessant:
    Ek het onlangs 'n preek geluister oor Sarai. Sarai beteken iets soos my Lord. God het toe mos haar naam verander na Sarah (soos jy hierbo noem). In Hebrieuws het al die letters van die alfabet ook getalle. "H" is nommer 5 wat genade beteken. So, toe God haar naam kom verander het, het Hy genade oor haar gespreek. Sarah beteken iets soos prinses. Ek begeer om baie meer in God se genade (of grace) te loop as om in my eie werke te funksioneer!

    ReplyDelete