So Jacques het die naweek afgeskop met lekker massages en ander relaxing treatments in Franschhoek (amazing!!!), en Saterdag en Sondag het ons Kaapstad plat getoer op een van die City Sightseeing busse. Vir die wat dit nog nooit probeer het nie, dis 1000% die moeite werd, so kyk bietjie na hul website.
Daar is soveel van Kaapstad wat ek nie geweet het nie, en noudat ons al meer as 2 jaar hier bly het ons gevoel dis hoogtyd dat ons bietjie educated raak! Ek het lekker baie fotos op facebook gepost, so julle is welkom om bietjie te gaan loer wat ons als gesien het op die trippie!! Die Akwarium, die Kasteel, World of Birds, 'n lekker bootrit, Tafelberg op met die kabelkarretjie!!! En daar is nog klomp plekke waar ek graag sou wou afklim - so baie dinge, so min tyd ☺
Maar die wat my goed ken sal weet, dis die sonskyn op my wange wat die naweek perfek gemaak het. Dit was AWESOME!!

O la laaa! Julle lyk sommer soos toeriste! Lyk of julle die hele bus vir julle-self gehad het!
ReplyDelete