Tuesday, October 26, 2010

tyd vir 'n nuwe projek

Ek skryf altyd so oor alledaagse dinge en goed wat met my gebeur, maar het gedink ek kan dalk 'n een-maand-projekkie aanvat met my blog.

Ek het 'n bybel-leesplan raakgeloop (waarin ek nie gewoonlik sou belangstel nie, maar dit het vandag my oog gevang) waarin jy die Bybel se vroue in 31 dae weer cover. Ek is op 'n punt waar ek sommer net rond val in die Bybel en nie vreeslik doelgerig lees nie, so dit behoort my bietjie rigting te gee (wel ten minste vir 'n maand, hehe). Ek wil dit juis doen omdat ek al gemaklik geraak het met hul stories, en dalk nie meer lekker die waarhede daarin onthou nie.

Om elke dag 'n update te gee is 'n goeie manier vir my om nie agter te raak nie, en dalk het van julle goeie kommentaar om te add? Ek sien baie uit om weer van hulle te leer, so spring in en laat weet as jul dit ook wil saam doen, ek deel graag die program ☺

Ek belowe om die posts kort te hou, my plan is nie om jul te oorweldig met my openbaringe nie, hehe!!

No comments:

Post a Comment