Friday, October 1, 2010

pizza perfect

Oe julle!!!

Gisteraand het ons die lekkerste weeks-aand social gehad! Ons eet mos nogal woes gesond meeste van die tyd, maar het nou en dan 'n af aandjie vir bietjie balans. Oor die algemeen probeer ons super gesond by die huis eet, en dan as ons uitgaan of 'n event het, sal ons bietjie relax met al die reëls.

So gisteraand het ons saam 'n paar vriende gekuier en ek het vir die eerste keer in 'n BAIE lang tyd pizzas gemaak. Altyd lekkerder vir my as ek self kan kies wat bo-op kom, en minder kaas en grease wat my gewete so vreeslik pla ☺ As jull my goed ken sal jul weet ek gooi altyd blare en groen goed by alles, so my pizzzas het beautiful uitgekom met die grasgroen rocket blare bo-oor. Ek was sommer in my noppies met hoe dit lyk, en ons het heerlik geëet!

'n Lekker slaaitjie en 'n glas wyn om daarmee saam te gaan, en baie goeie geselskap ☺ Jacques het vir ons lekker organic Woolies koffie gemaak en ons het eers laat in die bed gekom. Dit was bietjie moeilik om vanoggend op te staan vir werk, maar ek het lanklaas 'n aandjie saam vriende so baie geniet!!

No comments:

Post a Comment