Ek is mal oor die view by my kantoor venster uit, ek sit op die eerste vloer en reg langs my venster is 'n groot boom van een of ander soort ☺. Dit voel of ek in 'n boomhuis sit as ek uitkyk. In die winter en herfs sien ek net die droë dramatiese takke, maar noudat die lente aangebreek het is dit my favorite tyd om nou en dan net bietjie te staar na die nuwe groen blare.
Ek soek al lank 'n manier om vir mense te verduidelik, maar die prentjie is nogal naby aan hoe dit regtig lyk. Om die waarheid te sê, my view is nog so klein bietjie mooier! En as ek deur die blare kan kyk na die oop veldjie langs ons gebou, sien ek nou en dan 'n oulike eend- of tarentaal familie wat daar rond waggel. Baie cute!!
Wou maar net deel, dis so mooi ek kan nie ophou kyk nie...

No comments:
Post a Comment