Vrydae doen ek filing. Die groot hoop werk wat ek gedoen het deur die week begin my naam skree teen Donderdag, so ek het maar 'n gewoonte daarvan gemaak om op Vrydae 'n plekkie vir elke papiertjie te kry.
Vandag is ek ook oorval deur 'n vreeslike behoefte om die groot kabinet agter my te sping clean. Dis seker maar die lente in die lug wat my so motiveer ☺ Ek het soveel papierwerk van jarrrre terug geshred en uitsorteer, dis darem lekker om ontslae te raak van die ou bagasie. Dis nie eens my bagasie nie, dis 2 HR Coordinators TERUG se goed wat hulle nie lus was om te hanteer nie.
Dis baie terapeuties ook om die shredder te gebruik - djrrrrrrrrrrrrr djrrrrrrrrr. Ek kan nie net enige goed in die drom gooi nie, soveel geheime wat bewaar moet bly! En persoonlike inligting wat beskerm moet word. Maar ek moet eerlik wees, ek is bly elke keer as ek 'n nuwe hopie goed het om te shred want dis darem LEKKERRRRRRRRR... Mens voel so powerful, muhahaha!!

No comments:
Post a Comment