Ek en manlief was mos Sondag tot Dinsdag Riebeek Kasteel toe vir 'n lekker REST & RELAXATION getaway. Was jy al ooit daar?
Dit was fantasties! Die cuteste mooiste klein dorpie waar jy oral heen stap en eers weer in jou kar klim as die naweek verby is. Het my so goed gedoen - stadige sonskyn winter dae met lekker coffee shops, winkeltjies en baie quality time met Jacques. Alles waarvan ek hou...
Ek voel weer bietjie meer mens na my heerlike lang naweek, en al was hierdie drie werksdae woes (met als wat ek moet opvang na twee dae verlof), het ek weer bietjie vrede vir my siel gevind.

No comments:
Post a Comment