Thursday, July 22, 2010

• gordyne | YEAH •

Ag jis, ek soek al SOOOOO lank gordyne vir ons kamer!! Die wat al in ons kleine woonstelletjie was sal weet daar is maar net blinds vir ons voor al die vensters gesit. Nie dat ek kla nie, dit het ons baie gehelp toe ons nog net hier ingetrek het. Ons het nie nodig gehad om vreeslik uitgawes te maak om ons plekkie user-friendly te kry nie.

Maar dis nou al 2 jaar later, en user-friendly is nie meer goed genoeg vir dié mevroutjie nie!! Tyd om die plek bietjie meer cosy te maak! Die blinds maak wel die vensters toe - genoeg dat mense nie van buite kan insien nie, maar dit hou nie juis die koue buite nie. Elke aand het ek gevoel hoe die koue strepies wind op my neersak nadat dit deur die blinds geglip het.

Ek het (soos gewoonlik) by die @home sale ingeloop en nie verwag om regtig iets te kry  nie, maar glo dit! Ek het 6 nodig gehad, daar was 6 oor. Ek het beige nodig gehad, iets met 'n patroon of print - net so! EN ek het 'n bargain nodig gehad - afgemerk van R300 na R100 elk. FANTASTIC!!! Ek het al begin dink ek gaan 'n paar maande moet spaar omdat dit so duur is om gordyne te koop, toe nou nie nodig nie ☺

Dit maak sommer klaar 'n verskil, en ek kan voel hoe ons heater die plek heelwat meer broei noudat die woonstel beter geinsuleer is! Ek het skoon vergeet om 'n before foto te neem, maar hier is 'n after enetjie:

No comments:

Post a Comment